NGEPI CAMP

Omgewingsvriendelike gesinsverblyf en kampering in die Wes-Caprivi in Namibië.

Tel: +27 (0) 21 855 0395
BESPREEK NOU >>



Let wel: By 'n bespreking is 'n kind 11 jaar of jonger

Ngepi Camp - Algemeen

Ngepi Camp bied ‘n Namibiese rivier-avontuur – op ‘n omgewingsvriendelike manier.

Die Ligging

Die kamp is op ‘n eiland in die moerasagtige noordelike dele van die Kavango-rivier geleë, in die Caprivi-streek van Namibië. Ngepi Camp is reg langs die Caprivi Nasionale Park en die Mahango Nasionale Park is ook in die omgewing.

 

Akkommodasie

‘n Aantal selfsorg-verblyfkeuses is beskikbaar. Ngepi se kampeerplekke het elk sy eie watervoorraad en ‘n omgewingsvriendelike kragpunt. Die ablusiefasiliteite is met sonverhittingstelsels toegerus en in die aand word die kampplekke met behulp van sonkrag verlig.

Ngepi Camp spog met reuse bome, wat beteken dat jou tent waarskynlik in digte koelte sal kan staan. Die en suite boshutte bied gesinsakkommodasie aan, elk met ‘n dubbelbed en twee enkelbeddens. As jy nog altyd in ‘n boomhuis wou slaap, is dit nou jou kans!

Ngepi Camp bied ‘n aantal en suite boomhuise wat op die Kavango-rivier uitkyk. Dis genoeg om die bekende Robinson-eilandfamilie groen van jaloesie te laat! Nes die kampeerplekke is die boshutte en boomhuise ook met sonkrag toegerus.

Ngepi Camp bied baie geleenthede om die Caprivi-streek van Namibië te verken. Luilekker safari's op ‘n mokoro, of bootritte op die Kavango-rivier, hengel (vang en laat weer vry), begeleide wildritte in die nabygeleë Nasionale Parke, begeleide voëlkyk-ekspedisies, begeleide staptogte na die nabygeleë dorpie, asook “rafting” op die rivier.

Die hoogtepunt van Ngepi Camp is ongetwfeld die unieke drywende swembad: die enigste seekoei- en krokodilbestande manier waarop jy in die Kavango-rivier kan swem.

 

 

Aktiwiteite

Verwag dus om verskeie boksoorte, seekoeie, leeus, luiperd, buffels en olifant gedurende jou kuiertjie te sien.

Die perfekte manier om ‘n dag by Ngepi Camp af te sluit, is om ‘n skemerkelkie op die houtdek te geniet terwyl jy op die Kavango-rivier uitkyk. Hierna wag ‘n aandjie van heerlike kos en lekker geselskap in die boskroeg.